Organiese nomenklatuur

In organiese chemie is die organiese nomenklatuur 'n metode om organiese chemiese verbindings name te gee soos aanbeveel deur die Internasionale Unie van Suiwer en Toegepaste Chemie (IUSTC).[1] Ideaal gesproke moet elke moontlike organiese verbinding 'n naam hê waarvan 'n ondubbelsinnige struktuurformule geskep kan word. Daar is ook 'n lys IUSTC-benoemingsaanbevelings vir anorganiese chemie.

Om lang en vervelige name in normale kommunikasie te vermy, word die amptelike IUSTC-benoemingsaanbevelings nie altyd in die praktyk gevolg nie, behalwe as dit nodig is om 'n eenduidige en absolute definisie aan 'n verbinding te gee. IUSTC-name kan soms eenvoudiger wees as ouer name, soos met etanol, in plaas van etielalkohol of cholesterol wat makliker is as die sistematiese naam (3S,8S,9S,10R,13R,14S,17R)-10,13-dimetiel-17-[(2R)-6-metielheptaan-2-iel]-2,3,4,7,8,9,11,12,14,15,16,17-dodekahidro-1H-siklopenta[a]fenantren-3-ol.[2]

Vir relatief eenvoudige molekules is dit makliker om die nie-sistematiese name te verstaan, wat geleer of na gekyk moet word. Die algemene of triviale naam is egter dikwels aansienlik korter en duideliker, en dit word dus verkies. Hierdie nie-sistematiese name is dikwels afgelei van die oorspronklike bron van die verbinding. Daarbenewens kan baie lang name minder duidelik wees as die struktuurformule. Die sistematiese naam maak dit nogtans moontlik om die hele molekuulstruktuur af te lei.

Die bekendste organiese stowwe het name in die omgangstaal, of daar word ouer name uit die geskiedenis van die chemie gebruik, maar dersuisende verbindings het geen naam in die omgangstaal nie.

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Butterworths
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named PubChem

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne